| Temba Tuis | Navrae    


GRUNAU COUNTRY HOTEL

Baie netjies en bekostigbaar lodge in Grünau, Namibia.

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Grunau Country Hotel - Algemeen

Grünau Country House is in Grünau geleë, ‘n piepklein nedersetting in die suidelike streek van Namibië. Sedert 2001 is dit ‘n uitstekende Hotel/Herberg/Pension en is bekend vir warm, vriendelike en uitstekende diens.

Die Ligging

10 Old Main Road Granau Namibia, Namibia

 

Akkommodasie

Grünau Country House maak voorsiening vir ‘n aantal akkommodasiebehoeftes. Die Hotel Pensionbied: 6 dubbelbed/twee enkelbedkamers en suite, en 4 gesinskamers en suite (wat 3 tot 5 gaste kan huisves). Alle kamers is ten volle lugverkoel, met tee/koffie-stasies.

Voorts maak die Rest Camp voorsiening vir begrotingsbewuste reisigers deur middle van rondawels, met skoon mans- en vroue-ablusieblokke, en ook kampeerplekke met kragpunte.

Grünau Country House se a la carte restaurant is bekend vir watertand cuisine, veral beessteaks en wildsfilette. Toeriste in Namibië bestempel die ontbyte wat by die Grünau Country House bedien word as van die beste in die land. Gaste wat voor ontbyt vertrek, kan reël om ‘n voorafbereide ontbyt/middagete saam te neem.

Die privaat dameskroeg is gesinsvriendelik, met ‘n grootskerm satelliet-TV en ook ‘n biljarttafel. Die restaurant en dameskroeg is ten volle lugverkoel.

‘n Vrieskamer is ook tot die gaste se beskikking. Die perseel het ‘n elektriese sekuriteitsheining en word 24 uur per dag elektronies gemonitor vir gaste se gerief.

 

 

Aktiwiteite

Grünau Country House bied ook ‘n klein drankwinkel, braaipakke, wors, biltong, droë wors en braaihout.

Gaste wat vir Intercape bus reis, kan reël om teen geen koste by die bushalte op- of afgelaai te word.